Funksies

FUNKSIES EN OUERAANDE

‘n Aantal funksies word deur die jaar met groot moeite aangebied. Dit word deeglik beplan tot voordeel van u kleuter se ontwikkeling. Maak van hierdie geleenthede gebruik om by u kleuter se leeromgewing betrokke te raak, deur aanbiedinge van Spelterapeute, Dieetkundiges, Arbeidsterapeute en Spraakterapeute. Ons glo ook dat ons funksies vir u en u kleuters opvoedkundige waarde sal inhou wat deel uitmaak van hul ontwikkeling en vorming.

IN-EN UITSTAPPIES

Daar vind elke kwartaal ‘n uitstappie en/of instappie (besoeker) plaas wat op die weeklikse tema gebaseer is om ons kleuters se leerervaring uit te brei.

SPESIALE
AANTREK DAE

Superhelde

Snaakse hoed

Oupa/Ouma

Plaasjapie/Plaasnooi

FUNKSIES/SPESIALE VIERINGE

Ken mekaar braai

Grootouerdag

Vadersdag

Atletiekdag

Opedag

Boeresport

Konsert

Moedersdag

Kampaand

SKOOL INLIGTING

Adres: 195 Beyers Naude Drive, Rustenburg, 0299
Telefoon nommer: 014 004 0452
Selfoon nommer: 0728505120
Ontvangs e-pos: wysneusie.ontvangs@gmail.com
Finansies e-pos: wysneusie-k@mweb.co.za

Aansoekvorm

Inligtingstuk

Prospektus 2025 Afrikaans