Wysneusie Kleuterskool het ontstaan op 16 November 1988. Ons is ‘n Departementele Kleuterskool en is dus onderworpe aan reëls. Hierdie reëls word deur die beheerraad vasgelê.
Ons hoof mev. E Traut is al 19 jaar aan die stuur van ons skool. Sy is ‘n geregistreerde lid van die SAOU en gee duidelike riglyne aangaande kurrikulum, so ook nodige kommunikasie aan personeel deur.
Om in harmonie op ‘n unieke wyse ons kinders in totaliteit te ontwikkel & ten einde hulle volle potensiaal te verwesenlik.
MISSIE
Om uitmuntende opvoeders te bemagtig vir kwaliteitonderwys.
Positiewe en uitstekende betrokkenheid van kleuters te ontwikkel om positiewe denkers te kweek.
Om selfvertroue te bou om wenners te wil wees.