Klasse en Leerprogramme

OUDERDOMSGROEPE

Ons het 9 klasse by Kleuterskool Wysneusie

KWETTERBEKKIES

03-08 Maande

SUIKERBEKKIES

08-18 Maande

OTJIE-POTJIE KLAS

18-24 MAANDE

PIKKEWYNKLAS

2-3 JAAR

GOGGAKLAS

2-3 JAAR

BYTJIEKLAS

3-4 JAAR

LEEUTJIEKLAS

3-4 JAAR

VISSIEKLAS

4-5 JAAR

MIERTJIEKLAS

4-5 JAAR

LEERPROGRAM

BABA’S 3 MAANDE TOT 18 MAANDE

‘n Roetine baba is ‘n gelukkige baba en dit lei tot ‘n gelukkige mamma! Indien u baba nog nie ‘n roetine het nie sal sy/hy outomaties inval by die babaklas se roetine.
Baba’s word gestimuleer om hul mylpale te bereik en heerlik te speel.

LEERPROGRAM

PEUTERS EN KLEUTERS

Storie tyd – Bybel lees en ander interessante stories.
Gesyferdheid – Leer tel en vorms te ken.
Geletterdheid – Tema bespreking asook versies en rympies aanleer.
Wetenskap – Eksperimente in aksie te sien.
Kuns – Knip, skeur, plak, verf en inkleur.
Musiek – Liedjies sing, versies op sê saam met ‘n musiek instrument.
Ander – Bak en brou, klei spel, legkaarte, pennetjiesborde, ryg kaarte en konstruksie bou blokke.

AKADEMIE

In die klas werk ons hard en speel ons nog harder. Ons leer op ‘n informele wyse.
Elke klassie werk op sy eie pas en ontwikkelings fase. Ons onderrig met die ELDA & CAPS kurrikulum. Morsige spel vorm ‘n belangrike deel om emosionele ontwikkeling te bevorder en probleme aan te spreek (bv. tassensiwiteit)
Sensoriese en ouditiewe leer bespoedig die ontwikkeling. Daar word daagliks vaardighede ontwikkel en geoefen. Deur speel en terloopse leer word vaardighede aangeleer en kennis verbreed. Groot motoriese vaardighede word ook elke dag geoefen. Musiek en drama maak ook deel van ons week se beplanning.

KUNS

Ons doen elke dag kunswerk en prentjies wat op toepassing is van die tema. Die kunswerk word weekliks/kwartaalliks huis toe gestuur. Hoe ouer die maatjies raak, hoe meer kompleks raak die kunswerk. Alle kuns, vaardighede of enige werkies word deur die kind self gedoen.

Juffrou is hier om te help en dien as riglyn. Juffrou is nie hier om vir die kinders hul werk te doen nie. U sal kan sien hoe vorder u kind want dit is sy/haar eie poging en hulle is verskriklik trots daarop.
Daar is geen kompetisie nie.

TEMA

Bedrywighede word volgens ‘n spesifieke tema aangebied. ‘n Tema-uitstalling, wat groot bespreking uitlok en waaraan die kleuters ook ‘n aandeel kan hê, word in die klas uitgestal.

VORDERINGSVERSLAE EN ASSESSERING

Al ons maatjies ontvang ‘n verslag kwartaalliks. Hierdie verslag is gebaseer op elke ouderdom se vaardighede en wat hy/sy moet kan doen op daardie ouderdom. Elke kleuter/baba word deurlopend geassesseer om seker te maak dat die nodige vaardighede aangeleer word en dat enige uitvalle, agterstande en leerprobleme betyds aandag kan geniet. Daarom is dit belangrik dat u kind gereeld skool bywoon.
Alle vaardighede word ingeoefen om hulle volle potensiaal te bereik.

SKOOL INLIGTING

Adres: 195 Beyers Naude Drive, Rustenburg, 0299
Telefoon nommer: 014 004 0452
Selfoon nommer: 0728505120
Ontvangs e-pos: wysneusie.ontvangs@gmail.com
Finansies e-pos: wysneusie-k@mweb.co.za

Aansoekvorm

Inligtingstuk

Prospektus 2025 Afrikaans